SUID-KAAP NUUS - 'n Taai wedstryd wag die naweek op SWD wanneer hulle teen KwaZulu-Natal, die voorlopers op die punteleer, in Durban te staan kom.
Hulle speel sedert Donderdag tot Saterdag die Sunfoil-beker driedagtoets. Die eendagwedstryd sal Sondag gespeel word.
KwaZulu-Natal het die seisoen indrukwekkende spel getoon en het die laaste vier driedagtoetse gewen.
Glenton Stuurman sal nie die naweek vir SWD kan speel nie, omdat hy sy dyspier beseer het. Marcello Piedt, Sammy Mofokeng en Bailey Aarons se boulwerk sal weens Stuurman se besering, op die proef gestel word. Justin Jordaan sal ook teen KwaZulu-Natal speel.
Sammy-Joe Avontuur is weereens buite aksie en word deur Todd Walker vervang. Jean du Plessis sal weens sy betrokkenheid by die World Cup Squad ook nie speel nie.
Neil Hornbuckle, Letlotle Sesele, Brendon Louw (kaptein), Daniel Sincuba, Obus Pienaar, Todd Walker, Hanno Kotze, Marcello Piedt, Justin Jordaan, Bailey Aarons, Sammy Mofokeng, Glenton Stuurman en Mthobeli Bangindawo sal by die eendagtoets ingesluit wees.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein Karoo, Hessequa nuus'