Gallery
KRIEKET NUUS - Laerskool Bertie Barnard het hul jaarlikse Ricoh-krieketfees in Stilbaai op 13 en 14 Oktober aangebied.
Die skole wat deelgeneem het was Laerskool Bertie Barnard, Laerskool Bredasdorp, Laerskool Outeniqua, Laerskool Ladybrand, wat uit die Vrystaat gekom het, Laerskool De Hoop uit Somerset-Wes en Laerskool De Kuilen van Kuilsrivier af.
Beaumont Primary, ook van Somerset-Wes kon nie geakkommodeer word nie en hulle het toe Dinsdag 10 Oktober 'n wedstryd op 'n kort toer kom speel.
Die splinternuwe kunsblad het die toets deurstaan en is beslis 'n aanwins vir die skool. Oor die twee dae is daar ook wedstryde in Melkhoutfontein gespeel en elke span het drie wedstryde gespeel.
Van al die skole is dit net Laerskool Outeniqua wat vir die eerste keer aan die toernooi deelgeneem het.
FOTOGALERY: Skole neem deel in Ricoh-krieketfees op Stilbaai
In hierdie krieketfees gaan dit nie oor die uitslae nie en daar word ook geen wenners bepaal nie. Slegs die spanne wat teen mekaar speel weet wat die uitslag is en dit gaan hier meer oor die kameraadskap, vriendskapsbande en bymekaar te leer.
Al die spanne was dit eens dat Stilbaai 'n besondere aantrekkingskrag het en dat hulle beslis volgende jaar weer sal wil terugkom. As daar meer velde was sou die fees veel meer spanne lok, maar ongelukkig kan die twee velde net ses spanne oor die twee dae akkommodeer.
Niel Meyer van Laerskool Bertie Barnard boul onder die wakende oog van die skeidsregter, Ruan Cronjé.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’