TUINROETE KRIEKETNUUS - Die Child Active-sportakademie se eerste o.13-krieketspan wat verlede naweek in Knysna aan die Sport at Backward Point Cricket Festival deelgeneem het, het goed rekenskap van hulself gegee.
Child Active het verlede Vrydag afgeskop met 'n wedstryd teen Somerset-Wes en met 31 lopies verloor.
Child Active is almal vir 116 lopies uitgehaal waarvan Lihle Toto (20) en Marco Nel (17) die beste met die kolf gevaar het.
Somerset-Wes het 147 lopies in hul beurt aangeteken met Jan-Hendrik Hofmeyr (2/17) en Marco Nel (1/10) wat sukses met die bal behaal het.
Saterdag het Child Active beter gevaar en Laerskool Westcott met 19 lopies geklop. In hul kolfbeurt van 153/4 het Child Active se Aerron Gelderblom (50*) en Marco Nel (21*) onoorwonne beurte gespeel.
Laerskool Westcott is vir 134 lopies uitgeknikker met Jonty Jackson (2/15 in 5 beurte) en Jaco Kotze (2/17 in 4 beurte) sy beste boulers.
Jan-Hendrik Hofmeyr het in Knysna by die Sport at Backward Point Cricket Festival puik vertoon met die bal en altesaam vier paaltjies ingoes.
Maar Sondag het Child Active sy rieme styfgeloop teen Laerskool Pniel Primary en met 103 lopies verloor.
Pniel het die akademiespan vir slegs 43 lopies uitgehaal met net Keagan Cronje (7) en Marco Nel (6) wat effens weerstand kon bied.
Pniel het met 146/10 geantwoord. Jan-Hendrik Hofmeyr (2/12 in 4) en Jonty Jackson (2/22 in 4) het moedig probeer met die bal.
Die eerste Child Active Sport Academy o.13-krieketspan wat verlede naweek in Knysna aan die Sport at Backward Point Cricket Festival deelgeneem het. Voor van links: Jaco Kotze (Laerskool Outeniqua), Christopher Gelderblom (Laerskool George-Suid) en Jan Hendrik Hofmeyr (Voorbereidingskool George). Middel: Aerron Gelderblom (Laerskool George Suid), Lihle Moto (Laerskool Denneoord), Marco Nel (Laerskool George-Suid) en Ryan Mertyn (Young Ambassadors). Agter: Jan-Ockie Meyer (Laerskool Park), Keagan Cronje (Laerskool Outeniqua), PJ Carstens (afrigter, Bernard Schulze (laerskool Outeniqu) en Arnard Venter (Child Active Academy).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'