GEORGE NUUS - Atlete van die Nedbank-atletiekklub het blink vertonings by die Twee Oseane-marathon in Kaapstad gelewer.
Die grootmeester Annatjie Botes was skitterend op dreef en het die eerste plek in die 60+ kategorie ingeneem met 'n tyd van 04:49:12.
Lindile Tokota was tweede in die 50+ kategorie in 'n tyd van 03:45:22.
Die volgende manne het die eerste spanprys in 50+ kategorie ingepalm: Lindile Tokota (03:45:22), Selwyn Losper (04:20:21) en André Barnardo (05:35:26).
John April het met 'n skitterende tyd van 03:38:39 klaargemaak.
Anel Oosthuizen en Antonio Farmer gaan SA verteenwoordig by die Wêreld-stapkampioen-skappe in China.
Lindile Tokota, ook van Nedbank, was tweede in die 50+ kategorie in 'n tyd van 03:45:22.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'