SKOOL NUUS - Kretzenshoop Primêre Skool se heel eerste Bevin Fortuin-sportdag is met groot sukses op Saterdag 25 April by die skool in Blanco aangebied.
Leerders van 10 laerskole het op die skool se rugbyveld en netbalbane kragte gemeet, ter ere van hierdie oudleerder van Kretzenshoop wat verlede jaar in September op 46-jarige ouderdom oorlede is.
Fortuin, 'n afrigter van die SWD Arende ná sy Springbok-loopbaan, het 'n passie vir sportontwikkeling gehad en was baie nou by sy alma mater betrokke.
Die deelnemende skole was St. Paul's, Conville, Hibernia, Parkdene, Franken, Groot-Brak en Diepkloof Primêr, asook Laerskool Van der Hoven en Tiger's Rugby Academy.
Die groot trofeë vir die dag is opgeraap deur Parkdene, wat die o. 13- Bevin Fortuin-netbalbeker ontvang het, en Kretzenhoop, wat gesorg het dat die o. 13-rugbybeker op hul rak beland.
Parkdene Primêr se o. 13-netbalspan was die wenners van die Bevin Fortuin-netbalbeker. Foto: SGB Photography
Pragtige rugby is opgedis. Foto: Maruschka Maree
Op die netbalbaan is daar kwaai meegeding. Foto: Maruschka Maree
Besoekers is met 'n reusefoto van 'n glimlaggende Bevin Fortuin verwelkom. Foto: Maruschka Maree
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’