SCHOOL NEWS - Verskeie leerders en afrigters van George se harde werk en toewyding het bygedra tot die uitstekende prestasies wat die Eden o.13 A-span asook o.13-akademiespan by die onlangse Cravenweek in George behaal het.
George-leerders wat hulle deel bygedra het tot die oorwinning van die A-span, is Bryan Harmse en Eshan Drudé (Laerskool Outeniqua), Alexander Helberg, Xander Jonck, Christiaan Rheeder en Carlyle Rondganger (al vier van Laerskool George-Suid) en Tayrequin Bhell (St Mary's Primêr).
Elton Titus van Kretzenshoop Primêr was die spanbestuurder en die afrigter was Charl Kitching van Laerskool Hoekwil.
Akademiespan derde
Die Eden o.13-akademiespan het die derde plek in hul afdeling ingepalm onder leiding van hul afrigter, Jacques Meyer.
Leerders van George wat 'n bydrae gemaak het tot hierdie prestasie, is Wean Barnard, Jaidon Jacobs, Wihan Hefer, Philasande Mqela, Jaydeallin Cedares, Jayden Smith en Abiel Muneri (al sewe van Laerskool Outeniqua), Jonathan Moobi (St Mary's Primêr) en Aspirito van Neel (Pacaltsdorp Primêr).
Die Eden o.13-akademiespan met hul afrigter, Jacques Meyer (middel, links). Foto: Verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’