GEORGE NUUS - Die plaaslike skrywer Estelle Brits het Laerskool Herold onlangs besoek waar sy met leerders van gr. 4 tot 7 oor haar liefde vir skryf en lees gesels het.
Die besoek het aangesluit by die leerders se Engels- en Afrikaans-projekte waarin hulle gedurende die kwartaal skrywers en hul boeke bestudeer.
Brits het onder meer oor haar boek, Die lewe is 'n plek, gesels en vertel dat sy reeds op die ouderdom van 12 jaar haar eerste storie geskryf het.
Sy het die leerders aangemoedig om hul verbeelding te gebruik, te dagdroom, stories te skryf en 'n liefde vir lees te ontwikkel. Brits het ook boeke aan die skool en leerders geskenk.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’