GEORGE NUUS - Daar behoort voor die munisipale verkiesing op 1 November duidelikheid te wees oor die uitslag van 'n DA-fondsinsamelings-aksie in George waarin die wenner 'n buffel kan skiet en die vleis huis toe kan neem.
Die party in George het vroeër 'n loterykom-petisie gereël waarin mense kaartjies teen R500 elk kon koop.
Die wenner sou dan die buffel op 'n plaas naby George kon skiet. As die wenner nie die buffel self wou skiet nie sou dit vir hom/ haar gedoen word.
Na daar vrae ontstaan het oor wanneer die wenner aangekondig word, het Jackie von Brandis, DA-kiesafdelingsvoorsitter van George 1 (die DA in George is in twee opgedeel), Dinsdag by navraag gesê die loting sal vóór die verkiesing plaasvind.
Die kompetisie het reeds gesluit en mense kan nie meer kaartjies koop nie. Dit is 'n fondsinsamelingsaksie vir die party.
Jackie von Brandis
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'