Nadat daar die vorige nag, ook omstreeks middernag, pogings was om by die huis in Steynbergstraat, Island View, in te breek, het die huiseienaar Woensdagnag met sy pistool onder sy kopkussing gaan slaap.
Met die eerste voorval op Woensdagoggend was die inwoners nog wakker toe die geblaf van hul twee honde die poging tot inbraak by hul huis gefnuik het. Die honde word binne die huis gehou.