GEORGE NUUS - Die drie minderjarige seuns van Borcherds, wat van moord en ander aanvalle in dié omgewing verdink word, het vandag, Maandag 24 Augustus, vir ‘n tweede keer vir hul borgtogaansoeke in die George-landdroshof verskyn.
Weens ‘n tekort aan hofpersoneel is die saak egter uitgestel tot eerskomende Vrydag, 28 Augustus.
Die jong verdagtes is in Julie in hegtenis geneem na die grusame moord op Nkosinathi Mntonga (34), asook vier ander aanvalle in Borcherds en Lawaaikamp.
Hulle het verlede Maandag ook in die hof verskyn vir hul borgtogaansoeke, maar weens protesaksie deur gemeenskapslede van Lawaaikamp buite die hof is die saak tot vandag uitgestel.
Al drie die verdagtes bly in aanhouding by verskillende jeugsentrums in die provinsie.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'