Update
GEORGE NUUS - Patrick Muller (39), wat daarvan verdink word dat hy betrokke was by die wrede moord van 'n jong ma van New Dawn Park, Bianca Matroos (26), het op Vrydag 7 Mei vlugtig in die rondgaande hooggeregshof in George verskyn.
Die saak is uitgestel tot 21 Mei ná Muller se regsverteenwoordiger, Clayton Samson van Winston Jansen-prokureurs, van die saak onttrek het.
Matroos se liggaam is Sondag 17 November 2019 deur verbygangers in 'n veld tussen die George Riding Club en Knysnaweg gevind. Muller is kort daarna in hegtenis geneem.
Volgens die polisie is Matroos uitermate wreed verkrag en vermoor.
Matroos was blykbaar die Vrydagaand voor haar liggaam gevind is, saam met vriende by 'n nagklub in Pacaltsdorp en toe na 'n klub in die middedorp. Sy is daarna nie weer gesien nie.
Vorige artikels:
- Moordverdagte sê nee vir borgtog
- Nog 'n jong vrou vermoor
- Man vas vir wrede moord
- Man arrested after murder at riding club
- Woman's body found at riding club
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'