Update
GEORGE NUUS - 'n Man het vanmiddag 19 April in die Outeniquapas in 'n ongeluk gesterf nadat hy beheer oor sy motorfiets verloor het.
Die ongeluk het omstreeks 16:00 naby die ingang van Step-a-side plaasgevind.
Hy was volgens inligting uit George uit op pad toe hy beheer verloor en die motorfiets teen 'n versperring bots.
Nooddienste, die polisie en provinsiale verkeer is na die toneel ontbied.
Hy is op die toneel dood verklaar.
Die man se naam is nog nie bekend gemaak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’