Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - In 'n era waar die gemiddelde tiener 90 minute 'n dag spandeer om teksboodskappe te stuur, is dit noodsaaklik om kinders aan te moedig om hardop te lees.
Hierdie inligting deur die Read Educational Trust, oor die voordele van boeklees, spreek boekdele op Wêreld-hardopleesdag wat vandag 1 Februarie internasionaal gevier word.
By Hibernia Primêr word hardoplees daagliks in die klaskamers bevorder.
Die kinders was al te opgewonde om uit hul boeke voor te lees tydens die George Herald se besoek vroeër die week.
Volgens die Read Educational Trust is daar bewyse dat ons net eenvoudig nie inligting so goed onthou wanneer ons dit van 'n skerm lees nie, en daarom wil hulle bewusmaking skep vir die bevordering van lees.
Kyk 'n video hier:
In 'n inligtingstuk verduidelik die trust waarom dit voordelig is om ook vir kinders hardop voor te lees: "Kinders wie se ouers dikwels met hulle in gesprek tree het reeds 'n voorsprong, maar dit is slegs in boeke, koerante en tydskrifte waar 'n ryk woordeskat gekweek word.
"'n Kind wat hierdie tipe woorde hoor, het 'n reusevoordeel.
"Om hardop te lees verhoog ook 'n kind se aandagspan, en wanneer jy hardop voorlees, maak jy 'n kind lus vir lees."
Jasmine van Beulen (middel) en Jamila McKelly, twee gr. 4's, met hulle leesboeke.
Skokkende statistiek wat twee jaar gelede deur die Progress In International Reading Literacy (Pirls) bekend gemaak is, voer aan dat 78% van gr. 4-leerders nie met begrip in enige taal kan lees nie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'