SKOLENUUS - Leerders van Laerskool Outeniqua het verlede week behoorlik stoom afgeblaas tydens hul jaarlikse speletjiesaand, 'n hoogtepunt op die skoolkalender waarna almal uitsien.
Hoewel dié gewilde geleentheid gewoonlik voor die einde van die tweede kwartaal plaasvind, moes dit vanjaar weens logistieke redes uitgestel word tot die begin van die derde kwartaal.
Ouers en onderwysers het saamgespan om die skool in 'n kleurvolle paradys te omskep waar kinders vir vier ure lank kon lag, speel en smul aan verskeie lekkernye - net soos in die dae voor tegnologie die oorhand gekry het.
Die nat weer op Donderdag 23 Julie het veroorsaak dat sommige buite-speletjies binnenshuis aangebied is.
Die biblioteek is byvoorbeeld omskep in 'n gloei-in-die-donker-ruimte waar die gewilde flip the bottle-spel groot opwinding veroorsaak het.
Shaigon-Chloe October en Kiara Boesak meet kragte.
Twee skattige maatjies: Lienke Koen en Lea Maartens.
Van die ander aktiwiteite het die ballonne-bars-speletjie, 'n fotohokkie, 'n disko, naelverf en die gewilde Gladiators ingesluit.
Teen die einde van die aand het kinders én hul ouers met moeë bene, groot glimlagte en goeie herinneringe huiswaarts gekeer.
Ernan Human lyk toweragtig in sy geel hoed.
Luan van der Merwe en Wihan Olivier is volstoom aan die gang.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’