GEORGE NUUS EN GALERY - Sowat 200 atlete het Saterdag 6 Julie aan die Montagupas-kleurwedloop en 10 km-wedlope ten bate van Laerskool Herold, deelgeneem.
Volgens die waarnemende skoolhoof, Bianca Smith, was die dag 'n reusesukses en die weer het goed saamgespeel. Die doel van die dag was om geld in te samel om vir die skool 'n nuwe bussie te koop.
"Ons het ongelukkig nie genoeg geld ingesamel vir 'n ander bussie nie, maar ons is dankbaar vir die opkoms.
"Ons wil graag elke deelnemer, leerder, ouer, personeellid, borg en die ondersteuner bedank. Ons waardeer dit uit die diepte van ons harte. Volgende jaar gaan ons nog groter!" sê sy.
Fotogalery: Kleur en kilometers vir skoolbussie
Miecke Kuhn met 'n breë glimlag so deur die blou.
Anneliese en Johan de Klerk het saam die draffie geniet. Foto's: Charl Sports Photography
Die 10-jarige Tyler Lancaster het die 10 km vir mans in net 'n rapsie oor 58 minute voltooi. Agter hom is Heidi Clift.‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’