Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Goeie waardes begin by die huis, maar die Wes-Kaapse departement van onderwys (WKOD) speel ook hul rol deur dit in skole te implementeer.
Hibernia Primêr in Rosemoor het verlede Vrydag, 31 Januarie, plakkate buite die skool vertoon om een van hul waardes vir die kwartaal uit te beeld.
Bernadette Hoogbaard, die adjunkhoof, sê hulle het besluit op respek en verantwoordelikheid as hul twee waardes. Leerders en onderwysers wat ondersteun is deur ouers, het Vrydag almal pers aangehad en met plakkate buite die skool gestaan.
Hoogbaard sê die afgelope tyd was daar 'n paar kwessies in die gemeenskap wat die skool raak en hulle het weereens die belangrikheid van goeie waardes besef.
"Dit is hoekom dit so belangrik is dat kinders besef wat goeie waardes is, wat dit beteken om sulke waardes deel van jou lewe te maak en dit te verstaan."
Kyk 'n video hieronder:
Brian Schreuder, die hoof van die departement, het onlangs in die media gepraat oor die departement se skuif van net goed wees na uitstekend. Dit na die uitrol van die "Transform to Perform" program wat alles gaan oor goeie waardes en kwaliteit onderrig. "Ons kan nie rus terwyl daar steeds leerders is wat nie goeie kwaliteit onderwys kry in elke klaskamer in elke skool in die provinsie nie."
Hy sê onderwys gaan alles oor die leerders en die onderwysers is hul belangrikste bron.
Die goeie waardes sisteem van die WKOD hoop om kinders te leer wat dit eerstens beteken om mekaar te respekteer.
Leerders van Hibernia Primêr met 'n plakkaat oor 'Respek', die waarde wat hulle die kwartaal gekies het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'