GEORGE NUUS - Hibernia Primêr het Dinsdag 12 Julie, toe skole na die vakansie geopen het, 'n versoek aan ouers via hul sosiale media platform gerig om donasies te skenk vir die plaaslike ouetehuis.
Dit was ter ere van Mandeladag.
Teen 12:00 Vrydag het hulle al 'n oorweldigende hoeveelheid bydraes ontvang en het 14 van die leerders na die tehuis gestap waar hulle kos en wol asook items soos tandepasta en waslappies afgelewer het.
Hier is N Arends, C Titus, E Beukes en C Conradie saam met leerders van Hibernia Primêr.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'