HEROLD NUUS - Herold-polisie, die departe-ment vir maatskaplike dienste en Herold-gemeenskapspolisië-ringsforum het op Vryheidsdag, Saterdag 24 April, 'n groep gr. 11- en 12-leerders op 'n uitstappie na Highlands Lodge in Waboomskraal geneem.
Die leerders het 'n heerlike ontbyt en 'n stap in die berg geniet.
Die doel van die uitstappie was om die tieners in te lig, te motiveer en 'n visie te gee om na te streef.
Die dag het ook gedien as 'n poging tot voorkoming van alkohol- en dwelmmisbruik, kriminele aktiwiteite en gesinsgeweld.
Op Woensdag 24 April het nog 'n jongklomp van Herold eie inisiatief aan die dag gelê en 'n omgewings-bewusmakingsprojek aan te pak.
Hulle het vroegoggend bymekaargekom en die area waarin hul woon, skoongemaak.
Die jongklomp van Herold wat die omgewing waarin hulle woon, skoongemaak het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’