Update
GEORGE NUUS - Die man wat van die moord op Theodore Roman (51) beskuldig word, is Woensdag 14 Maart borgtog geweier in die George-landdroshof.
Luvuyuo Dondashe (43) van die Oos-Kaap was op parool toe hy na bewering die eienaar van Boeta's Tavern in Nelson Mandela-boulevard op 22 Januarie doodgeskiet het.
Hy is in 2005 in Dispatch skuldig bevind en gevonnis op 'n aanklag van gewapende roof.
Na die skietery by Boeta's Tavern het die rower slegs met 'n klein boksie vol glase, wat hy na bewering met 'n boks geld verwar het, weggehardloop.
Dondashe is kort ná die voorval in hegtenis geneem.
Die saak is tot 23 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek.
*The man who stands accused of murdering Theodore Roman (51) was denied bail in the George Magistrate's Court on Wednesday 14 March.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'