GEORGE NUUS - Ter viering van Paasfees volgende naweek, vind twee geleenthede by die Moederkerk plaas, een vir geestelike voorbereiding en die ander vir Stil Saterdag, die dag wat Jesus in die graf was.
Lyding en oorwinning van Jesus: voorbereiding en nadenke
In die tyd wat die Paasfees voorafgaan, het u die geleentheid om die unieke beskrywing van Jesus se bediening op aarde soos weergegee in die woorde van die evangelis Johannes, in sy geheel te kom aanhoor.
Die aksie van luister na die hardop-uitgesproke geskiedenis gee 'n ander perspektief op Jesus se lewe.
Dit versterk ons geloof en die besef dat daar vir ons geen toekoms is sonder geloof in Jesus nie.
Die voorlesing van die evangelie vind plaas in die Moederkerk op Saterdag 12 April vanaf 09:00 tot ongeveer 12:00.
Die voorlesing is oop vir alle gemeentes en die publiek. Ons nooi u uit met die woorde van Jesus: "Kom kyk!" en brei dit uit na: 'Kom, kyk, luister en glo!'
Musiek vir Stil Saterdag
'n Musikale beskrywing van die lyding en oorwinning van Jesus word op Saterdag 19 April om 16:00 in die kerk aangebied.
Ons vertoon DVD's van JS Bach se Paas-kantates soos uitgevoer deur beroemde klassieke kore.
Die aanbieding duur ongeveer twee uur, maar u kan kom en gaan soos u program dit toelaat. 'n Ideale geleentheid om mee te leef met die pyn en vreugde van hierdie tyd in ons heilsgeskiedenis.
Almal is hartlik welkom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’