Update
GEORGE NUUS - Die borgtogaansoek van Warren Appels (46), die man wat daarvan aangekla word dat hy sy vriendin, Andresia Alaart (30) vermoor het, is Maandag 11 April, vir 'n tweede keer in die George-landdroshof uitgestel.
Dit volg ná daar nie genoeg tyd was vir die saak om voor te kom nie. Die saak is tot Maandag 25 April uitgestel.
Appels se formele borgtogaansoek sou reeds, Vrydag 8 April, plaasgevind het, maar dit is toe uitgestel omdat die ondersoekbeampte siek was.
Appels is Saterdag 26 Maart op die toneel in Llamastraat, Delvillepark, in hegtenis geneem ná hy die polisie omstreeks 07:00 die Saterdagoggend na die toneel ontbied het.
Met die polisie se aankoms is die oorledene se liggaam met veelvuldige beserings aan haar gesig en liggaam op 'n matras in die leefarea in Appels se ouerhuis gevind.
Sy is vermoedelik verskeie kere geslaan.
Daar is ook bloed in die gang en tweede slaapkamer van die huis gevind.
Vorige artikels:
- Moordbeskuldige se borgtogaansoek weer uitgestel
- Borgtogaansoek vir moordverdagte môre
- Borgtogaansoek van Delvillepark-moordverdagte uitgestel na volgende week
- Moordverdagte môre in hof
- Kêrel verskyn in hof vir vriendin se moord
- Man (64) vas vir vriendin se moord
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'