GEORGE NUUS - Die jeuglede van die Blanco-Niqua Voortrekkers wat elke tweede Dinsdag-middag om 14:15 by Laerskool Blanco vergader, het hul heel eerste vlagpresentasie verlede week by die skool se saalopening gehou.
Sowat 25 Voortrekkertjies in hul blou hemde het trots die saal ingestap en met groot noukeurigheid die vlae en fakkel vertoon terwyl die nasionale lied gesing is.
Leerders van George Voorbereidingskool en Laerskool George-Suid was ook teenwoordig vir die geleentheid. 'n Eerste Kommandokamp word beplan vir die einde van Augustus in Oudtshoorn en besoeke aan die Langenhovenhuis en -museum en Wilgewandel sal deel wees daarvan.
Vir navrae, bel die adjunkkommandoleier Henriëtte van Niekerk by 082 822 6405.
Voortrekkers in gelid op pad na die verhoog vir hul heel eerste vlagpresentasie, met adjunk-kommandoleier Henriëtte van Niekerk voor.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'