Update
GEORGE NUUS - Finaliteit in die Henry Jones-bedrogsaak sal eers geskied ná ‘n verslag van die department van korrektiewe dienste op 4 Mei in die hof gedien het. Die voormalige portefeuljeraadslid vir behuising is einde Januarie skuldig bevind op vier aanklagte van behuisingsbedrog.
Die sake hou verband met die onwettige verkoop van Hop-huise gedurende die termyn waartydens hy op die raad gedien het.
Sy vonnisoplegging sou vanoggend, 16 Maart, plaasvind.
Die saak word al sedert September 2019 in die George-landdroshof aangehoor, maar is verskeie kere uitgestel weens Jones se gesondheidsprobleme. Landdros Praglathan Govender het tydens vanoggend se verrigtinge gesê hy het nodig om die departementele verslag van korrektiewe dienste te sien en getuienis van ‘n korrektiewe beampte aan te hoor, alvorens die vonnisoplegging kan geskied.
Daar moet seker gemaak word of die gevangenis aan Jones se mediese behoeftes kan voorsien.
Jones is ‘n diabeet met ‘n hartkwaal en het verskeie ander gesondheidsprobleme. Hy ontvang op 30 Maart ‘n nuwe pasaangeër in die Grootte Schuur-hospitaal in Kaapstad, waarvoor hy toestemming van die hof ontvang het.
Jones geniet regsverteenwoordiging van Legal Aid. Die staatsaanklaer is adv. Xolile Jonas.
Vorige arikels:
- Jones skuldig op vier aanklagte van bedrog
- Jones skuldig bevind op vier aanklagte van bedrog
- Uitspraak in Jones-saak einde Januarie
- Jones-uitspraak in Desember
- Behuisingsbedrog: Jones binnekort weer in hof
- Jones getuig oor 2 weke
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'