GEORGE NUUS - Die George Munisipale Sportafdeling, Gemeenskapsdienste versoek alle lede van die publiek sowel as sportverenigings om daarop te let dat die gebruik van enige van die munisipale sportvelde en/of sportstadions formeel moet aangevra word en vooraf via hul kantore bespreek word voordat enige gebeurtenis plaasvind.
Daar moet ook gelet word dat daar geen advertering oor enige gebeurtenis mag plaasvind voordat sodanige vergunning vir die lokaal verkry is nie.
Alle geleenthede sal hersien word in terme van Covid-19-regulasies, sowel as die toepaslike verordeninge wat sulke geleenthede beheer.
Tot 1 Oktober 2020 word geen byeenkomste van meer as 50 persone ingevolge die rampregulasies toegelaat nie.
Vanaf 1 Oktober word 50% van die lokaal se kapasiteit toegelaat, met 'n maksimum van 250 persone binne 'n lokaal en 500 persone in 'n opelug lokaal.
Die Sportkantoor (Cathedraalstraat) kan gekontak word by 044 801 9488 of deur vooraf gereelde afsprake op weeksdae 07:45 -16:30: gdevilliers@george.gov.za of cmostert@george.gov.za
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'