GEORGE NUUS - Die polisie het bevestig dat 'n reddingspoging aan die gang is by Voëlklip naby Heroldsbaai (George).
Dit nadat 'n rooi Chevrolet Spark gisteraand teen die kranse in die see gestort het.
Sersant Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, sê 'n lid van die publiek het die polisie in kennis gestel van die voorval.
"Die polisie was deur die nag op die toneel en reddingswerkers van Metro en die NSRI was vanoggend 05:00 reeds op die toneel.
"Geen liggaam of liggame is nog verwyder nie en seetoestande is tans nie gunstig daarvoor nie. Sodra dit is, sal die polisieduikers probeer om in die water te gaan om ondersoek in te stel na daar waar daar beweging is."
Meer inligting sal volg sodra dit beskikbaar is.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'