GEORGE NUUS - Die polisie waarsku die publiek dat hulle versigtig en bedag daarop moet wees dat mense skelmstreke sal gebruik om die situasie met die koronavirus uit te buit.
Kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het by navraag kommentaar gelewer nadat die SABC berig het dat die George-munisipaliteit gesê het kriminele doen hulle voor as koronavirus-toetsers.
Volgens Pojie is hulle nie nie bewus van sulke spesifieke voorvalle, maar hy sê die publiek moet waaksaam wees.
Die George Herald wag nog vir spesifieke besonderhede van die George-munisipaliteit en sal dit plaas sodra dit beskikbaar word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'