Update Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - As 'n skaam 12-jarige, wat ook op laerskool geboelie is, sou Monique Best nooit kon droom dat sy eendag vol selfvertroue op 'n internasionale verhoog gekroon sou word nie.
Best, wat oorspronklik van Johannesburg is, maar reeds 'n geruime tyd in George woon, sê sy het nooit in 'n miljoen jaar gedink sy sou wen nie. "Ek het voorheen aan kompetisies deelgeneem, maar nooit gewen nie, ek het nie eens 'n plek behaal nie."
Die 19-jarige, wat in haar gr. 12 jaar by Hoërskool Outeniqua 12 skoonheidstitels gewen het, is gekies om Suid-Afrika by die Mej. Planeet Internasionale kompetisie in Kambodja te verteenwoordig.
"Tydens my laaste kompetisie oorsee het ek net die top-16 behaal so ek het nie die keer gedink ek sou wen nie. Ek kon nie ophou huil toe hulle Suid-Afrika roep nie."
Sy is op 1 Maart as Mej. Planeet gekroon. Sy vertel sy was nog altyd omgewingsbewus, selfs op sosiale media - dit is hoekom sy die gebruik van plastiekstrooitjies teenstaan en die ambassadeur is van Silistraw.
Kyk video's hieronder.
As deel van haar jaar as Mej. Planeet moet sy sowat agt lande besoek en hope liefdadigheidswerk doen. Best sê die platform gee haar die geleentheid om mense daarvan bewus te maak om omgewingsvriendelik te wees.
Die titel bied haar ook baie geleenthede soos om internasionaal te reis, mense te ontmoet, volksvreemde kosse te eet en mense te help. "Ek het al 'n kriek geëet," lag sy.
Ma Celeste en Pa Llewayne Best gee vir Monique 'n soentjie. Foto: Michelle Pienaar
Anebel Botes (5), 'n finalis aan die Todler & Tween of the World-kompetisie, saam met Monique. Foto: Michelle Pienaar
Monique en haar ma, Celeste. Foto: Wessel van Heerden
Lees vorige artikels hieronder:
- Monique Best terug in George as Miss Planet International
- Monique Best off to the Philippines
- Ontwerper gaan matrieks uitrus
- May this Best be the best
- Local beauty is miss junior teen SA
- George beauty hopes to be SA's best teen
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'