Update Video
GEORGE NUUS & VIDEOS - Monique Best, 'n oud leerder van Hoërskool Outeniqua, is sopas op die George-lughawe verwelkom. Best is vroeër die maand met die skoonheidstitel Miss Planet International in Cambodia gekroon.
Familie en vriende van die plaaslike skoonheid het sekergemaak sy word met ope arms terug verwelkom na die afloop van haar reis. Best se ma, Celeste Best, is in vervoering met haar talentvolle dogter se nuutste prestasie.
Die George Herald voer vandeesweek 'n onderhoud met Monique Best om meer van haar ervaring te hoor. Die artikel sal Donderdag 21 Maart in die koerant verskyn.
Monique (19) saam met haar ma, Celeste, en pa Llewayne Best.
Kyk video's hieronder:
Lees vorige artikels hieronder:
- Monique Best off to the Philippines
- Ontwerper gaan matrieks uitrus
- May this Best be the best
- Local beauty is miss junior teen SA
- George beauty hopes to be SA's best teen
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'