Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Nasionale Biblioteekweek het vanoggend afgeskop by George-biblioteek.
Van die kleinste besoekers is slegs 9 maande oud, maar hul ma, Madeleine Rheeder, sê 'n kind is nooit "te klein" om aan boeke bekendgestel te word nie.
"Hulle wys verskillende emosies wanneer ek en my man vir hulle lees," het sy gesê. "Natuurlik verstaan hulle. En hulle geniet die prentjies."
Besoekers kan vandeesweek enige biblioteekboek terug besorg sonder enige boete.
"Asseblief bring net ons boeke terug," het Gerty Potts, senior biblioteek-assistent, gesê.
Vir die hele week gaan gelukstrekkings plaasvind. Mense staan 'n kans om hul boeke langer te hou, 'n ekstra boek uit te neem, of 'n gratis les by Little Readers te wen.
Almal wat die biblioteek besoek kry ook 'n gratis boeksak en 'n boekmerk.
Sien 'n vorige berig oor Nasionale Biblioteekweek om die res van die week se program te bestudeer.
Kyk 'n video hieronder:
Garelene Muller, kinderbibliotekaresse by George-biblioteek, sit heel eerste vir 'n gesigverfsessie.
Gerty Potts (senior biblioteek-assistent), Rensia Coetzee (Little Readers) en Garelene Muller (kinderbibliotekaresse).
Van die eerste besoekers kom getrou hul boeke omruil by George-biblioteek.
Kom wen met gelukkige trekkings by George-biblioteek vir die hele week.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'