GEORGE NUUS - Huis JJ Watson hou maandelikse fondsinsamelingverkopings waar allerlei te koop is.
Februarie se verkoping word gehou op Dinsdag 27 Februarie van 08:00 tot 12:00 by die tehuis op die hoek van Cradock- en Fitchatstraat (oorkant NG Kerk George-Suid en JJ Watson-slaghuis).
Dis gewoonlik 'n heerlike kuieroggend en daar is 'n teetuin waar besoekers kan ontspan en iets te ete geniet.
Op die spyskaart is worsrolletjies (R25), pannekoek (R7), kolwyntjies, skons en koffie en tee.
Besoekers kan snuffel tussen al die winskopies in Die Blikkies Mall.
Daar is linne, skoene, breekware, ornamente, en mans- en vroueklere in 'n baie goeie toestand.
Daar is ook baie tweehandse boeke en boekwurms kan twee boeke koop vir slegs R10.
Die verkopings is 'n inisiatief van 'n groep vrywilligers wat JJ Watson help om broodnodige fondse in te samel.
Snuffel 'n winskopie uit tussen tweedehandse klere wat in 'n baie goeie toestand is by Huis JJ Watson se verkoping.
Die wors vir die worsrolletjies word op die kole gebraai.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’