GEORGE NUUS - Lente het aangebreek en dit beteken dis weer tyd vir Herold Laerskool se lentemark.
Almal word uitgenooi om dié makietie op Saterdag 30 September by Herold Laerskool by te woon.
Die jaarlikse geselligheid begin reeds om 08:00 en daar word uitgesien na optredes deur plaaslike kunstenaars soos Tony van Stittert van Tony's Magic wat die jongspan gaan vermaak, sanger en liedjieskrywer, Brighitte Horak, Norman Marks en sy orkes, Eden Minstrels en Eden FM wat vanaf die skoolgronde gaan uitsaai.
Verder gaan daar donkiekarritte, fietsryroetes, gesigverf, springkastele en die skool se eie "renbaan" wees.
Besoekers kan ook uitsien na stalletjies met vars vleisprodukte, afval, kerrie en rys, vars gebak en die skool se alombekende roosterkoeke, pannekoek, heuningbostee en baie meer.
Toegang kos R20 vir volwassenes en R10 vir laerskool leerders. Vir meer inligting, of om 'n stalletjie te bespreek, kontak gerus vir Deidre Roux by 076 152 6252.
Verlede jaar se mark is goed bygewoon.
Brighitte Horak
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’