GEORGE NUUS - Die direkteur van die Anglo-Boereoorlogmuseum in Bloemfontein, Tokkie Pretorius, en die adjunk-direkteur, Johan van Zyl, gee twee aanbiedings by die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika se vergadering in die George-museum op Woensdag 23 Oktober om 14:00 en 18:00.
Dit sal in Engels en in Afrikaans aangebied word.
Daar sal twee PowerPoint-aanbiedings in elke sessie wees oor die bydrae van die Anglo-Boereoorlog (ABO) tot familiegeskiedenis, en navorsing daaroor, asook hoe die ABO-museum oor die laaste 10 jaar gegroei het, en wat alles in dié verband gedoen word.
Persone wat die gratis aanbiedings wil bywoon, moet Abrie de Swardt kontak by abriejdeswardt@gmail.com of 072 348 1961.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'