GEORGE NUUS - Die publiek word genooi om aan 'n virtuele, Big walk by Binah, deel te neem en so steeds 'n bydrae tot die lewens van mense met spesiale behoeftes te maak.
Met die Tuinroete wat tans 'n Covid-19-brandpunt is, het die organiseerders van hierdie gewilde familiegeleentheid die verantwoordelike besluit geneem om die geleentheid virtueel te maak.
Die publiek kan steeds deelneem en 'n bydrae maak: Registreer voor 15 Desember aanlyn.
Neem dan jou bewys van registrasie na Pick n Pay Family Supermarket George en kry jou medalje en geskenksak.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'