GEORGE NUUS - Die 2020 Big walk by Binah vind plaas op Sondag 6 Desember om 08:00 by die Tuinroete botaniese tuin.
Dis die ideale geleentheid om jou ondersteuning deur deelname te toon, aangesien daar van 3 November tot 3 Desember op nasionale maand van die regte van persone met gestremdhede gefokus word.
Ondersteun en aanvaar persone wat met outisme en ander gestremdhede leef.
Hierdie gewilde geleentheid is die perfekte tyd om 'n ontspanne 4,8 km-stap in die natuur met jou familie te geniet, en jy staan ook 'n kans om fantastiese pryse te wen! R50 pp en R20 vir kinders onder 12.
Registrasie begin om 07:00 die oggend van die geleentheid, of registreer aanlyn.
Kontak Mariza by 083 270 6382 vir meer inligting of besoek Binah se Facebook-blad.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'