TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
slaapbevange (slaap-be-van-ge)
b.nw. Wat oormeester of oorweldig is deur die vaak of slaap: Daar (kom) helderheid deur haar (tant Levina se) slaapbevange brein (J. v. Bruggen: Slaplaagte, 1954, 62).
Verstik! Dié woord skok ... deur my slaapbevange sinne (L. v.d. Westhuijzen, vert.: Een Staan By, 1961, 32).
¦ Ook byw.: Oom Theuns … sit nog slaapbevange op die kant van die bed en vrywe sy oë (N.A. Potgieter: Petaljes, 1939, 5).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’