Update
GEORGE NUUS - Die man, Luvuyuo Dondashe (45), wat van die 2021-moord op die 51-jarige Theodore Roman (Boeta) aangekla was, is vroeër vandag, Vrydag 13 September, in die rondgaande hooggeregshof in George skuldig bevind.
Dondashe, oorspronklik van die Oos-Kaap, word op 25 Oktober gevonnis. Hy was op parool toe hy Roman by sy besigheid, Boeta's Tavern in Nelson Mandela-boulevard, op 22 Januarie doodgeskiet het.
Na die voorval het Dondashe te voet gevlug en is kort daarna in hegtenis geneem. Hy is in 2005 in Dispatch skuldig bevind en gevonnis op 'n aanklag van gewapende roof.
Lees vorige artikels:
- Boeta-moord: Verdagte was op parool
- Slegs 1 verdagte in Boeta's-moord
- Vermoor vir 'n boks glase
- Man in drankwinkel doodgeskiet
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’