GEORGE NUUS - Die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid moedig die publiek aan om te gaan vir hulle Covid-19-versterkers en -inentings wat gratis beskikbaar is by verskeie fasiliteite regoor die Tuinroete.
"Ons moedig almal ouer as 12 jaar aan om te gaan. Inentings is die beste beskerming teen Covid-19," sê die distrikskommunikasiebeampte, Nadia Ferreira.
In George word gratis inentings tans aangebied by:
- Thembalethu-gemeenskapsdagsorgsentrum: Maandae tot Vrydae van 07:30 - 16:00
- George Sentrale Kliniek: Maandae tot Vrydae van 07:30 - 16:00
- Go George-hoofterminus op Woensdae van 09:00 - 15:00.
Inentingspersele word weekliks opgedateer.
Sien die nuutste inligting by die volgende aanlynskakel: https://coronavirus.westerncape.gov.za/vaccine/latest-vaccination-sites.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'