Sponsored Content
BEST OF GEORGE WENNER - Voorbereidingskool George juig vandag saam met die res van die George-gemeenskap oor sewe ywerige en toegewyde onderwyseresse in ons graad R-byekorf.
Nie net onderrig hul elke dag nie – hulle inspireer, vat hand en begelei na groter hoogtes. Hulle verskerp vaardighede en dra elke kind se behoeftes en drome in hul harte saam.
Ons as Voories-familie is opgewonde-trots oor die erkenning wat hulle met hierdie Best of George-toekenning ontvang het.
‘n Groot dankie aan elke ouer en ander deelnemer wat hul stem uitgebring het – erkenning het die vermoë om passie en gemotiveerdheid selfs nog meer te laat blom! Die pad vorentoe lyk vir seker rooskleurig!
George Preparatory School was founded in 1951, with the first grade R class starting in 1986. As the years flew by, the grade R group tried to keep up with the needs of the growing community, expanding our one double medium grade R class into two classes in 1997.
Today, we have seven classes in the grade R section, of which four are Afrikaans and three are English. These classes then progress to the succeeding classes, comprising of seven classes in grades 1, 2 and 3 respectively. George Preparatory School currently has 829 learners and 33 academic staff members.
Me. Margot Kotzé, wat reeds vanaf 1990 aan die skool verbonde is, se leiding in die preprimêre korfie maak ‘n daadwerklike verskil. Sy weet van raakvat en vasvat, van beplan en doelwitte najaag. Haar entoesiasme, positiewe gesindheid en sprankel bly aansteeklik.
Die res van die span is: Beatie Stander, Diané Venter, Karin Heiberg, Donnalee Gerber, Ingemar Louw en Mari-Jeanne Meyer. Hierdie personeellede is almal Grondslagfase-opgelei. Elkeen van hierdie individue bring hul eie unieke vaardighede en besonderse menswees na die tafel. Hulle vind hul inspirasie in die kind self, sy of haar ontwikkeling ‘n voedaar vir motivering. Voorwaar ‘n span wat bekend is vir hul empatie en begrip vir kindwees.
Grade R logo.
George Preparatory School is a values-driven school which emphasises the values of respect, responsibility and honesty, instilling them in the hearts of our learners. With GROWTH as our motto, we realize the responsibility to guide our learners with tenderness on a path to maturity.
Our holistic approach creates opportunities within which learners are not only offered academic learning opportunities, but where learning opportunities are also found on the sports field, on a cultural level, and even where learners are disciplined in everyday circumstances.
Ultimately, our vision is that learners can look back on a path of growth and success after four formative years at George Preparatory School.
Ons Voories-span praat van ons skool as ‘n plek waar klein kindertjies groot drome kan droom. Ons skep ‘n veilige hawe waarbinne leerders kan waag, fouteer en weer probeer.
Ons werk in noue verwantskap met ‘n arbeidsterapeut, berader en spraakterapeute wat ons leerders tydens skoolure help in hul onderskeie velde van kundigheid.
Die skool beskik ook oor vier leerondersteuningonderwyseresse wat leerders met leersteurnisse ondervang en binne groepsverband help.
Voorbereidingskool leef ook toekomsgerig en berei ons leerders voor vir ‘n wêreld wat divergerende en konvergerende denkvaardighede verg. Rekenaarklasse vorm deel uit van leerders se weeklikse akademiese program en alle leerders kry ook geleentheid om robotika-tegnieke in te oefen. Die Verkenners-program is ‘n verrykingsprogram, gemik op die wonderwêreld van wetenskap, en word teen ‘n ekstra koste aangebied.
Buzzbee
George Preparatory school also excels in sports and culture. Our extracurricular activities include: athletics, hockey, cricket, tug-of-war, rugby, netball, chess, music, choir and drama; offering robotics and coding in our computer classes, as well as gross motor development on our obstacle course as our co-curricular activities.
We partake in the CONQUESTA Olympiads, the SALA reading competition, various oratory competitions and the Eisteddfod. We regularly boast about our learners' great achievements on our social media platforms. However, the practice of basic skills and the fun of participation is our top priority.
Ons kyk gereeld in dankbaarheid terug op ‘n kleurryke verlede; wetend dat hierdie skool koesterend en beskermend binne ons Vader se hand lê. Saam met Hom strek ons uit na dit wat Hy vir ons in die toekoms beplan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’