Advertorial
GEORGE SAKENUUS - George word 'n nuwe neurochirurg ryker, dr. Percy Bezuidenhout van Rustenburg.
Hy open op 1 Julie 'n praktyk in Mediclinic George waar 'n praktykgeleentheid ontstaan het na die aftrede van dr. Pieter Eksteen vroeër die jaar.
Dr. Bezuidenhout het sy voor- en nagraadse studies aan die Universiteit van Pretoria voltooi. Hy was sedert sy kwalifisering in 2002 as neurochirurg in 'n privaat praktyk in Rustenburg. "Ek het besluit om my praktyk na George te skuif omdat dit as 'n vriendelike en veilige plek bekend is.
"Dit is mos 'die plek waar almal wil wees'. Met dr. Eksteen se aftrede, het die geleentheid beskikbaar geword," sê hy.
Sy werk behels chirurgie van die senuwees, dus breinchirurgie vir toestande soos breinkankers, vaskulêre abnormaliteite in die brein en ook trauma van die brein.
Hy doen ook spinaaloperasies waar degenerasie van die spinaalkolom of trauma en kankers van die spinaalkolom voorkom.
"Ek het 'n spesiale belangstelling in chroniese pynbehandeling asook chirurgiese behandeling van bewegingsiektes soos Parkinson-siekte, spastisiteit en tremor deur middel van diepbreinstimulasie (DBS - deep brain stimulation).
Die plan is om soortgelyke klinieke in George te begin en sodoende die dienste aan die omgewing beskikbaar te maak."
Dr. Bezuidenhout is getroud met Michelle en die egpaar het vyf kinders.
Hy is 'n ywerige sportman wat deelneem aan driekamp en marathons, is lief vir die buitelug en geniet aktiwiteite saam met sy gesin.
- Adres: Tweede Vloer, Mediclinic George (dr. Eksteen se vorige spreekkamers)
- Tel: 044 873 2661
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'