GEORGE NUUS - Frik Potgieter van George, wat twee jaar agter tralies in Ekwatoriaal-Guinee deurgebring het, het sy verhaal van beproewing op Sondag 19 Oktober met die gemeente van Nuwe Lewe Bedieninge in Heatherpark, waar hy 'n lid is, gedeel.
Hy is saam met Langebaan-inwoner, Peter Huxham, op 9 Februarie 2023 in Ekwatoriaal-Guinee in hegtenis geneem. Hulle is in Junie vanjaar vrygelaat ná presidensiële vryskelding.
Die gemeente het Potgieter se vrou, Sonja, in die tyd toe hy 'n gevangene was, ondersteun en vir sy vrylating gebid.
Potgieter se ervaring was een van angs en onsekerheid tydens volgehoue pogings om sy vryheid te bekom.
Potgieter en Huxham is albei professionele ingenieurs wat vir die Nederlandse maatskappy, SBM Offshore, in Ekwatoriaal-Guinee gewerk het toe hulle in hul hotel in Malabo in verband met beweerde dwelmverwante klagte gearresteer is.
Lede van die gemeente saam met Frik en Sonja Potgieter. Foto: Henk Neuho
Die gemeente het 'n opname van sy getuienis gemaak. Skandeer die QR-kode om dit te kyk:

‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’