Sponsored Content
SAKENUUS - In 'n tyd waarin vroeë kinderontwikkeling al hoe belangriker word, is dit vir ouers van kardinale belang om te verseker dat hul kinders van jongs af 'n sterk fondasie bou waarop hulle vir die res van hul skoolloopbaan kan voortbou.
By Lugkasteel Kleuterskool verstaan hulle die onmisbare rol wat kleuterskoolonderwysers en kwaliteit onderrig speel in die vorming van 'n kind se lewe.
Dit is juis waarom die eienaars, Tanya Hugo, Cherise de Wet, Esmerelda Bouwer (ook skoolhoof) en Gesie van der Merwe, besluit het om na 'n tweede perseel uit te brei.
In September 2020, het die skool sy deure in Victoriastraat oopgemaak met slegs ses kinders in hul sorg. Sedertdien het Lugkasteel se gewildheid vinnig gegroei, en in die vier jaar het die groep eienaars besef dat hulle voor 'n keuse staan: hulle moes óf kinders wegwys óf uitbrei.
"Die keuse was maklik," sê Tanya. "Ons het uitgebrei."
Op 1 September vanjaar het die tweede Lugkasteel Kleuterskool in Fichatstraat kinders verwelkom en die klasgroepe is verdeel tussen die twee persele: in Fichatstraat is daar sorg vir babas vanaf drie maande tot een jaar en kinders tussen een en twee jaar, terwyl die ouer kinders van twee tot vyf jaar by die Victoriastraat-perseel gehuisves word.
"Lugkasteel is die perfekte plek waar kinders hulle kreatiwiteit kan uitleef en op 'n natuurlike manier leer. Ons bied 'n veilige en liefdevolle omgewing – 'n ware "huis weg van die huis" – waar kinders die wêreld om hulle ontdek deur speletjies en prettige leeraktiwiteite," sê Esmerelda.
Benewens stimulerende leer- en speeltyd, sowel as tyd vir 'n middagslapie, ontvang die kinders daagliks twee gebalanseerde maaltye.
"Ons prioriteit is om seker te maak dat die kinders in ons sorg gelukkig en tevrede is," sê Cherise.
"Tanya en ek is self mammas van kleintjies, so ons verstaan presies wat ouers soek as dit kom by hul kinders se versorging. Dit is vir ons van die uiterste belang dat die kinders, hul ouers, en ons span gelukkig is."
"Ons kry ongelooflike goeie terugvoer vanaf die ouers, wat vir ons baie beteken, en die ouer kinders weet hulle kan met enigiets na ons toe kom. Dis belangrik dat hulle hulself is waarookal hulle gaan om hul volle potensiaal te bereik," sê Esmerelda.
Die kleintjies by Lugkasteel leer terwyl hulle speel.
Leerprogram en personeel
"Ons personeel is absolute engele," sê Tanya. Sonder hulle sou dit nie moontlik gewees het nie. Daar staan niks vir hulle hande verkeerd nie en hulle is so lief vir die kinders soos hul eie. Ons is 'n Lugkasteel-familie."
Die skool maak gebruik van die Eldas-program (Early Learning and Development Areas), 'n holistiese leerprogram wat daarop fokus om kinders se leer en ontwikkeling in ses sleutelareas te organiseer.
Die span opvoeders by Lugkasteel Kleuterskool.
Promosie
Lugkasteel Kleuterskool se huidige promosie laat ouers toe om hulle kleintjies in te skryf vir 'n fraksie van die gewone prys. Tot 20 November gee hulle 60% af op inskrywingsfooie.
Inskrywings vir volgende jaar sluit aan die einde van Desember. Met die uitbreiding het hulle beter kapasiteit om meer kinders te akkommodeer.
Vir verdere inligting skakel hulle by 076 770 6876 of stuur ‘n e-pos na admin@lugkasteel.co.za
Esmerelda Bouwer, Tanya Hugo en Cherise de Wet voor die nuwe perseel in Fichatstraat.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’