Advertorial
GEORGE NUUS - Waterberging, reënwaterbenutting en die effektiewe bestuur van bruikbare waterbronne is al vir geruime tyd kernonderwerpe binne die landbousektor.
Sonder water kan geen boerdery volhoubaar funksioneer nie, en met droogtetoestande wat toenemend dele van Suid-Afrika raak, word betroubare wateropgaarstelsels belangriker as ooit.
'n Goed ontwerpte dam bly een van die mees doeltreffende maniere om voldoende waterreserwes te verseker.
Landbou is immers een van die grootste verbruikers van water, en die behoefte aan betroubare, langtermynoplossings groei voortdurend.
Alpha Damme bied doelgerigte oplossings om hierdie uitdaging suksesvol aan te spreek. Buiten die ontwerp, vervaardiging en installering van hoëgehalte-sinkdamme, bied die onderneming 'n volledige reeks wateroplossings vir boere en ander verbruikers.
Dit sluit onder meer watertenks, grond- en sinkdamvoerings, brandbestrydingstenks en spilpuntstelsels in. Die voerings is geskik vir drinkwater, chemikalieë en vloeibare kunsmis.
Alle produkte word ondersteun deur 'n 10-jaar waarborg teen foutiewe materiaal en vakmanskap.
Alpha Damme ontwerp, vervaardig en installeer sinkdamme van topgehalte in enige grootte, en bied ook pompe, sonpompe, besproeiing en boorgatinstallasies.
Sinkdamme en damvoerings word volgens elke kliënt se spesifikasies gebou en deur 'n praktiserende ingenieur goedgekeur. Volgens Alpha Damme lê die grootste uitdaging daarin om produkte te vervaardig wat Suid-Afrika se strawwe omgewingstoestande kan weerstaan.
"Ons fokus op kwaliteit materiale wat infrastruktuur bestand maak teen die elemente en boere help om die natuur se uitdagings te oorkom."
Een van die sink-damme wat deur Alpha Damme vervaardig is.
Vir kusgebiede waar vog en souttoestande dikwels probleme veroorsaak, bied Alpha Damme ook vlekvryestaalprodukte wat spesifiek vir hierdie omgewings ontwikkel is.
Die onderneming verskaf damme regoor Suid-Afrika sowel as in verskeie buurlande.
Met jare se ervaring in waterberging fokus Alpha Damme daarop om kliënte se unieke behoeftes te verstaan en oplossings van topgehalte teen markverwante, mededingende pryse te lewer.
Met die doel om 'n volledige diens te lewer, streef Alpha Damme daarna om 'n eenstop-waterbergings- en besproei-ingsoplossing vir landbou, nywerhede en huishoudings te wees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’