Hierdie projek vorm deel van die George-stadsraad se projekte wat in die onderskeie wyke geloots is.
Die opleiding is verskaf deur die provinsiale departement van landbou, en aangebied in die Thembalethu-gemeenskapsaal. Santa Lessing, 'n dieregesondheidstegnikus van die departement het die opleidingsessie gefassiliteer.
Lessing het die belangrikheid van die merk van diere beklemtoon. Sy het aan die kleinboere verduidelik waar om te registreer wanneer hulle hul diere wil merk, asook al die stappe wat in die proses gevolg moet word.
Daarna het sy aan die boere verduidelik hoe en wanneer spesifieke medikasie aangewend moet word. Fanele Guga, 'n wyksraadslid van wyk 15 (Thembalethu) het die opleidingsessie geopen en ook as tolk opgetree gedurende die dag se verrigtinge.

Veeboere van Thembalethu het 'n opleiding ontvang van Santa Lessing (middel voor), 'n dieregesondheidstegnikus van die provinsiale departement van landbou. Voor van links is Mondi Nzuza, departement van landbou: Landbou Ondersteuning en Ontwikkeling, Fanele Guga, wyksraadslid in wyk 15 (Thembalethu), Ian Terblanche, departement van landbou: Landbou Ondersteuning en Ontwikkeling, Santa Lessing, Dieregesondheidstegnikus, Rose Lewis, administratiewe beampte: Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling: George Munisipaliteit, Ronwyn Julies, student by Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit, en Johann du Preez (middel, regs), Projekbestuurder: Strategiese Dienste en Klagtes, George Munisipaliteit.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'