GEORGE NEWS - George Municipality has noticed an increasing trend of residents placing waste bags and containers on the kerb on days when no collection takes place.
We remind all residents that, in terms of the George Municipal Integrated Waste Management Bylaw (2024):
- Section 10 (5): No person may place refuse receptacles or refuse bags on the kerb except on their scheduled waste collection day.
- Section 6 (1): A person who generates waste remains the owner of that waste until it is removed by the Municipality or an authorised service provider.
The Municipality’s Waste Management Officer urges all residents to comply with these bylaws and place waste on the kerb only on the scheduled collection day.
Failure to do so may result in enforcement action in line with municipal bylaws.
Vullisverwydering, herinnering aan inwoners
Die Munisipaliteit het opgemerk dat daar ’n toenemende tendens is waar inwoners vullissakke en -houers op die sypaadjie plaas op dae wanneer geen verwydering plaasvind nie.
Ons herinner alle inwoners daaraan dat, ingevolge die George Munisipale Geïntegreerde Afvalbestuursverordening (2024):
- Artikel 10(5): Geen persoon mag vullishouers of vullissakke op die sypaadjie plaas nie, behalwe op hul geskeduleerde vullisverwyderingsdag.
- Artikel 6(1): ’n Persoon wat afval lewer, bly die eienaar van daardie afval totdat dit deur die Munisipaliteit of ’n gemagtigde diensverskaffer verwyder is.
Die Munisipaliteit se Afvalbestuursbeampte doen ’n beroep op alle inwoners om die verordeninge na te kom en vullis slegs op die geskeduleerde verwyderingsdag uit te sit.
Versuim om dit te doen, kan lei tot wetstoepassing ingevolge die munisipale verordeninge.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’