Marius Venter, Wildernis:
Ek het vanoggend, 7 Maart, die George-munisipaliteit geskakel rakende ons commonage in Kingfisher Close, Wildernis wat ses weke terug onderhou is.
Wat 'n nagmerrie om met iemand daar te probeer praat.
Nege oproepe later en ek kon nog steeds nie met iemand praat nie.
Jy word heen en weer deurgesit, na die verkeerde departemente toe. Niemand antwoord nie, dan moet jy maar weer bel.
Geen telefoonetiket nie. As ek vra ek wil met parke en tuine praat, word daar sommer op die foon, so dat ek kan hoor, Christina! geskreeu.
Ek weet nou nog nie of ek by Christina uitgekom het nie, want die arme vrou het in so 'n hoesbui ingegaan dat ek myself 'n paar keer moes herhaal. Ek het regtig gedink ek word in 'n Wackhead Simpson prank gevang. Mute, het die fone nie mute nie?
Sy wou darem 'n poging aanwend, na 'n gesoek vir 'n pen, om my klagte neer te skryf. Teen daardie tyd was my geduld nou net mooi op. Ek vra toe om deurgesit te word na die persoon toe, sodat ek sommer self vir hom/haar kan verduidelik. Nodeloos om te sê, ek is afgesny.
Nie goeie diens nie. Glad nie goeie diens nie, inteendeel geen diens nie.
Ek het dit nou op die MyCiti App gesit en hoop daar gaan nou iets van kom. Maar ook die toepassing word swak bestuur. Jy het geen idee waar jou klagte is en of vordering gemaak word nie.
Baie trots op George, maar hierdie was 'n zero uit 10 ervaring.
George-munisipaliteit het soos volg geantwoord:
George Municipality apologises for the unfortunate experience the letter writer had during his attempt to log a complaint. We can assure the letter writer that this is not the norm and has been addressed.
In the meantime, Dawie Adonis, director of Community Services, confirmed that the commonage in Kingfisher Close was cut on Wednesday, 12 March 2025. The area is on a maintenance cycle and was due to be cut. However, the contractor was a week behind schedule, and measures are in place to catch up with the cutting cycle.