VERMAAK NUUS - Emmaüs se jaarlikse Winter-mark vind op Saterdag 6 Junie vanaf 09:00 tot 13:00 op hul perseel in Memoriamstraat plaas.
Die mark sal 'n verskeidenheid van pragtige hout- en handwerk bied wat deur Emmaüs-werkers geskep is asook 'n groot versameling tweedehandse boeke.
Heerlike eet- en drinkgoed soos pannekoek, worsbroodjies, kerrievetkoek, sop, aartappel-skyfies, basaarpoeding, kerrie-en-rys, asook koekies en beskuit wat by Emmaüs gemaak is, gaan die tafels laat kreun.
Lekker filterkoffie en tee sal saam met kolwyntjies en muffins verkoop word.
"Ons nooi die publiek om 'n oggend van gesellige kuier by ons te kom geniet. Kom vul die koek- en beskuitblikke en koop genoeg boeke vir die koue wintermaande wat voorlê," sê Elsabe Badenhorst, die sentrumhoof.
Die publiek se ondersteuning help Emmaüs hulle onontbeerlike taak te kan verrig om om te sien na die belange van volwassenes met spesiale behoeftes.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’