VERMAAK NUUS - Feesgangers by vanjaar se Klein Karoo Kunstefees (KKNK) kan uitsien na die debuut van elf musiekproduksies, met uiteenlopende musiekstyle, deur ou bekendes en nuwe kunstenaars.
Daar is iets vir elke musieksmaak op die program, met verskeie top-musici wat van Donderdag, 29 Maart tot Woensdag, 4 April by dié fees op Oudtshoorn te sien is.
In Lepeltjie vol snare bring die ikoniese Suid-Afrikaanse kitaarspeler, Hannes Coetzee (vanjaar se ontvanger van die Kunste Onbeperk Kruispunt), sy eiesoortige manier van kitaarspel na die verhoog. Coetzee speel kitaar met 'n teelepel in sy mond en sy unieke spel, het aan hom nasionale en internasionale bekendheid verwerf. Frazer Barry, Earl Witbooi, Loit Stols, Deniel Barry en Stefne van Dyk deel die verhoog met hom.
CH3
In CH3 met Chris Chameleon en CH2, span dié drie musikante kragte saam vir 'n vertoning uit die boonste rakke, van internasionale gehalte.
Chameleon se briljante stemgebruik en vermaaklike verhoogpersoonlikheid, saam met die kitaarspelvuurwerke van CH2, sorg vir 'n onvergeetlike musikale reis.
Amanda
Amanda Strydom se nuutste vertoning - Stadig oor die Klippers - handel oor die liefde, lewe, menslike kondisie en die dood. Strydom neem die gehoor met haar kenmerkende styl deur 'n wye spektrum van emosies.
Hannes Coetzee
A Century
Anna Davel, Gloria Bosman en John Fresk span kragte saam in Ella Fitzgerald - A century in song, waarin hulle hulde aan dié musikant se tydlose musiek bring, met 'n diverse repertorium.
In die kabaret Besselsen met Jacques du Plessis en JC Visser, het Gertjie Besselsen, lid van Mr Cat and the Jackal, van Hennie Aucamp en ID du Plessis se bekendste tekste getoonset.
Met woord en musiek word hierdie produksie 'n interessante, kleinskaalse Afrikaanse kabaret op sy beste.
David Kramer
David Kramer se Platteland met David Kramer, waarin sangers - Carlo Daniels, Anray Amansure, Nick Turner, Sean de Vries, Dylan Roman en Kerryn Torrance deelneem - is 'n samestelling van Kramer se musiek.
Kramer se liedjies word gesing deur hierdie kunstenaars en begelei deur 'n orkes, vir veel meer as net 'n konsert met liedjies. Dit is volgens kritici "'n belewenis".
Laurika Rauch
Goue Treffers
Goue treffers vani Kaap! is 'n musiekblyspel met Karin Kortje, Robin Pieters en Elwira Standili, met gunsteling-goue treffers uit die hartjie van die Kaap. Dié drie sangers deel in 'n intieme ruimte hul liefde vir musiek deur sterk ballades met 'n tikkie nostalgie.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'