Dit was die voorland vir die gehoor wat ademloos geluister het na uitmuntende sangmusiek tydens vanjaar se Musiek Montage verlede Dinsdag. Die geesdriftige applous wat hul ontvang het was dus welverdiend.
Die kore het tegniese moeilike liedjies soos Pie Jesu (gesing deur die George-Suid Seniorkoor) en die lieflike Andrew Lloyd Webber liedjie - Wishing you were somehow here again (gesing deur die Holy Cross Senior Choir) en Bohemian Rhapsody van Queen gesing deur Suid-Kaap Kinderkoor, ingesluit in hulle wyduiteenlopende repertoire.
Die koordirekteur van die massakoor-optrede, Jan-Erik Swart, het na afloop van die aand, (wat deur almal wat dit bygewoon het as 'pragtig' bestempel is) gesê dat die Musiek Montage 'n uiterste belangrike vertoonstuk is van plaaslike talent. Dit is ook 'n kosbare geleentheid wat kinders gegun word om voor 'n gehoor op te tree, en daardeur selfvertroue op te bou.
Vanjaar was die Voorbereidingskool George die gasheer vir die belangrike geleentheid, en die skoolhoof, mnr. AD Roux, het tydens die bedankings gesê dat hy groot waarde-ring het vir hoe die gaskunstenaar Michael Lindt, veral die junior kore betrek het in oulike liedjies soos Pizza (Luidi Denza) sowel as Listen to the heart (Innes Benadé). Die koorleidster Sarena Lamprecht, begeleidster Marianne Caie, koorleier Greta Benadé asook begeleidster - Margriet Venter (klavier) het hul goed van hul taak gekwyt.
Die Suid-Kaap Kinderkoor het verras met hulle etniese aanslag en lewendige dansnommertjies veral die rubbersteweldans (gumboot) wat gelewer is ter voorbereiding vir hulle Letland-toer later vanjaar. Die aand is op gepaste wyse afgesluit, op 'n hoë noot, met die massakoor-optrede met Michael Lindt en Jovan Titus as soliste met 'n roerende liedjie Caravan Song (Babra Dickson).
Die Suid-Kaap Kinderkoor met 'n lewendige dansnommertjie tydens hul optrede by die Musiek Montage. Hulle het ook te midde van luide applous 'n rubbersteweldans gedoen.

Die Laerskool Outeniqua onder koorleier Michael van der Walt het lieflike liedjies soos Beautiful rainy day en Cares Chorus verlede week in 'n volgepakte George-burgersentrum tydens die Musiek Montage 2014 gesing. Foto: Pauline Lourens

Besige koorleidsters van links: Sarena Lamprecht, Mariaan Caie en Margriet Venter. Hulle het bontgestaan om die kore wat deelgeneem het aan die Musiek Montage 2014 te organiseer vir George se groot gebeurtenis. Die ander koorleiers was Greta Benadé, Reinette du Toit, Michael van der Walt, Surika Louw en Jan-Erik Swart.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'