GEORGE NUUS - Aanhangers van die plaaslike sanger, Michael Lindt, kan op Maandag 23 Februarie op Die Groot Ontbyt-televisieprogram op kykNET inskakel.
Lindt is dan 'n gas op die program en sy nuutste enkelsnit wat gaan oor sy kleintydheld, Trompie, word ook uitgesaai.
Die lied word daarna op 27 Februarie op alle platforms vrygestel.
Trompie en die Boksombende was 'n gewilde Afrikaanse kinderavontuur-televisiereeks uit die 1980's en 'n rolprent uit 1974 gebaseer op Topsy Smith se boeke oor 'n ondeunde 11-jarige seun, Trompie Toerien.
Lindt het onlangs die geleentheid gehad om saam met Riaan Winter, die akteur wat die karakter van Trompie vertolk het en vir wie die lied weer herinneringe uit sy kinderdae wakker gemaak het, te kuier.
Om Lindt te nooi vir 'n optrede, stuur vir hom 'n e-pos.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’