GEORGE VERMAAK NUUS - Ná byna twee jaar weg van die verhoog skuif Coenie de Villiers weer agter die klavier in vir 'n kragtoer van musiek en liriek.
Coenie lewer twee vertonings eerskomende Sondag 26 September by die George-kunsteteater, die eerste vertoning om 14:30 is vir die publiek (R200 per persoon); die tweede vertoning om 17:30 is spesiaal vir lede van die teater en die musiekvereniging.
Die repertoire bestaan uit nuwe werk, ou treffers en 'n verrassing of twee. "Dis wonderlik om weer te kan optree," sê Coenie. "Om dit in George te kan doen, maak dit selfs meer spesiaal."
Deon Meyer en Coenie de Villiers se nuwe boek, Ons Karoo, sal ook by die vertoning te koop wees.
Volgens Jolien Pietersen, geleentheids-koördineerder van die kunsteteater, sal die teater geweldig baat by die publiek se ondersteuning van hierdie vertonings.
Vir meer inligting kontak die teater by 044 873 3938 of stuur 'n e-pos na events@georgeartstheatre.co.za.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'